Hier is nou 'n perfekte, nuut oorgedoende, ”no money to spend” woning op 'n baie vrugbare stukkie grond.
Ruim 5 slaapkamer, 3 badkamer, met gaste eenheid met sy eie sit en badkamer. Met 'n kombuis soos jou ouma s'n, met sòveel egte houtkaste om jou deur 2 winters deur te dra, is dit enige vrou se droom!
Oorspronklike oregon pine houtvloere, geskaaf en vernis, mooier as nuwes!
Lugversorging in die meeste vertrekke.
Inheemse bome vorm deel van die boomryke werf.
Hier kan jy jouself kom besig hou met 'n skaapvoerkraal- gedeeltlik onder dak, voerlande rondom die opstal met sprinkelbesproeiing en 1 x 1.3 ha Sonskyn pivot.
Watervoorsiening:
4 boorgate op sonkrag met lewerings van:
- 2000 l/h
- 4000 l/h
- 2 x 6000 l/h en 1 boorgat vir huiswater
2 Sement opgaardamme
Lande kampe is in 4 verdeel en met 'n drie-in-een mengsel gevestig (smitsvinger/bloubuffel/raaigras).
Babala en sorghum onder die pivotland vir hoër voeropbrengs.
Nuwe drukgang en beeshanteringsgeriewe, maak beeswerk maklik om als self te kan doen.
Melkstal met melkkamer, ingerig om selfonderhoudend te wees.
Motorhuise met werkswinkel en stoorkamers.
Die woning is elektries omhein.
Eskompunt .
Sonkrag en inverter.
Die plaas is geleë ± 8 km buite die dorp.
Kontak my gerus vir meer inligting.